Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Vanoggend toe ek bid vir die gemeente en vir ons dissipel (leerling/volgeling wees) van Jesus en hoe dat alles wat Jesus geleer het bedoel was om van die dissipels dissipels te maak. Dit was nie net onderwys of opvoeding nie. Dit was bedoel om geleef te word. Dit is toe dat Matteus 25: 31 en verder ongevraag dit kom tuismaak. Die besef dat dissipels is mense wat hoor wat Jesus sê en daarom gee hulle water vir die wat dots is, klere vir die wat nie klere het nie, kos vir die wat honger is. Moet dus nie van dissipelskap iets moeiliks maak nie. Dit is iets wat ons daagliks kan doen en meer kan doen. Dit is liefhê en in Jesus se Naam, dit kom deur in respek en omgee, in vriendeikheid en geduldig wees. In jou glimlag en in hoe jy jou werk doen en ander hanteer. 'n Gelowige is 'n dissipel. As dit nie so is nie dan is dit 'n weerspreking van beide. Gaan wees vandag Jesus se dissipel tussen mense terwyl jy by Homself steeds leer hoe om lief te hê, hoe om tussen mense te leef (hou Hom dop in die evangelies en in jou lewe. Dis 'n opwindende reis saam met Jesus. Glo my. Kom join ons.