Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Goeiemore aan elkeen. Dis Dirk wat met u gesels en vanoggend kyk ons weer na ‘n interessante teksvers. Mense haal nogal dikwels Matt 11:28-30 aan om iemand wat teen die grond is te bemoedig en moed in te praat. Mense wat emosioneel gedrein is en wat op ‘n emosionele laagtepunt in hulle lewens is. Daar staan geskrywe ““Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. 29Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed.” Maar wanneer ons die reels van Bybellees toepas en die teks binne sy breer konteks lees sien ons dat dit nie eintlik is waaroor hierdie teks gaan nie. Daar is wel ander tekste in die Skrif wat ons bemoedig en vertel dat God by ons is, maar ons moet vra wat het Jesus in gedagte gehad en bedoel toe Hy hierdie woorde gesprek het. Jesus verwys net voor hierdie bekende woorde in vers 25 na die slim en geleerde mense vir wie hierdie dinge Verberg is, verwysend Natuurlik na die Fariseers en Skrifgeleerdes. Dan volg Jesus se bekende woorde en net hierna in hfst 12:1 ev sien ons dat die Fariseers en Jesus in ;n debat besig is oor die reels van die Sabbat. Natuurlik mensegemaakte reels wat die Fariseers die mense opgele het om n ate kom. So waaroor gaan die bekende woorde van Jesus dat almal wat uitgeput en oorlaai is na Hom toe moet kom? Dit gaan eerder oor die juke n die laste wat die klomp reels en godsadienstige eise op die mense geplaas het waaraan hulle nie kon voldoen nie. Dit het hulle telkens hulle eie onvolmaaktheid beklemtoon en hulle nog meer skuldig laat voel. Dit was ‘n geoei resep om enigiemand uitgeput en platgeslaan en oorlaai te laat voel. Maar Jesus bring egter ‘n heerlike vars boodskap na die mense toe. Hy vertel dat sy leringe nie bedoel is om mense verder te belas nie, maar dat Hyself vir hulle by God intree. Daarom hoef hulle nie meer aan honderde wette te voldoen nie maar kan hulle by Hom rus vir hulle gemoed kry. Daarom dat Jesus die woorde opvolg met vers 30 wat se “My juk is sag en my las is lig”. Hiermee bedoel Hy dat dit wat Hy op die skouers van mense plaas is nie so swaar soos die wette wat die Fariseers op hulle plaas nie. Ons doen baie keer dieselfde as die Fariseers wanneer ons nuwe wette en reels maak waaraan mense moet voldoen om in ons oe aanvaarbaar te wees vir God se koninkryk. Ons moet eers hierdie laat staan en dit verander of hierdie en daardie dinge nog bydoen voordat mense aanvaarbaar is vir die koninkryk of vir die kerk. Paulus waarsku juis hierteen in Kol 1:16 wanneer hy se dat ons nie mense moet toelaat om ons onder nuwe wette en reels te plaas nie. Christus het ‘n boodskap van vrymaking gebring. Al wat ons moet doen is om vanuit hierdie Vryheid te leef soos gelowiges. Here, help ons asb om eerder Christus in mense te sien as hulle tekortkominge volgens my standard. Amen