Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Goeiemore. Dirk wat met u gesels. Ons gaan vanoggend aan waar ons verlede week opgehou het: Vergifnis! Ja, hierdie is nie ‘n onderwerp wat ons sommer net in een of twee kort gesprekke kan afhandel nie. In die gelykenis in Matt 18 van die onvergewensgesinde amptenaar lees ons ‘n baie interessante deel wat ons miskien partkeer mis. En dit spreek seker een van die grootste mites aan rakende onvergifnis. Petrus verneem by Jesus in vers 21 hoeveel keer moet hy sy broer vergewe as hy IETS verkeerds gedoen het. Let op, Petrus se nie as hy ‘n klomp goed verkeerd gedoen het, of ‘n aantal dinge, of ‘n paar keer iets verkeerd gedoen het nie. Hy se net iets. In die Griekse grammatika en sekerlik ook die Afrikaans verwys dit na een ding wat die persoon verkeerd gedoen het. En dan vra Petrus of hy hierdie persoon selfs 7 keer moet vergewe. Ons ken natuurlik Jesus se antwoord van 70 maal 7. Maar Petrus raak hier iets baie belangriks aan rakende vergifnis. En dit is die feit dat vergifnis nie slegs ‘n eenmalig gebeurtenis is vir dieselfde daad nie. Nee, dit is ‘n baie groot mite. Wanneer iemand iets aan jou verkeerd gedoen het, en jy soos ‘n opregte gelowige hom of haar vergewe, en jy stap more in die straat om die die hoek en jy loop in daardie selfde persoon vas, verseker ek u vanmore, gaan dieselfde kwade gevoelens weer in u opborrel. Daardie gevoelens van woede en alles wat daarmee gepaard gaan, gaan weer daar wees. En dis dan wat ons weer moet kies om weer te vergewe. En die volgende keer weer, en die volgende keer weer, en so hou dit aan. Want vergifnis is nie, soos die engelse se, ‘n once off thing nie. Ons moet oor en oor daardie keuse maak om dieselfde persoon vir die dieselfde oortreding elke dag weer en weer te vergewe. En hierin le ook ‘n geweldige stuk geestelike groei. Want om oor en oor te kan vergewe lei ons nader en nader aan die God van vergifnis. Hy is die een wat in woord en daad vir ons kom wys het wat volkome vergifnis is. Hoe vergifnis lyk. En dis hierin wat ons Hom moet navolg, soos die amptenaar die koning hierin moes navolg maar versuim het om dit te doen. En wanneer u in staat is om keer op keer die oortreder van harte te vergewe soos vers 35 dit vereis, kan u verseker weet dat die liefde van Christus besig is om diep in u hart pos te vat. Gaan ek eendag nodig he om te vergewe as dit tot nou toe nog nie met my gebeur het nie? Baie beslis! Gaan dit maklik wees? Nee, baie beslis nie. Maar soos in alle ander dinge gee God vir ons elkeen die wilskrag om dit te doen as ons met ons hele hart daarom vra. Want as ons enigiets binne sy wil vra, sal Hy dit mos gee. Here, help ons elkeen om te vergewe soos u ons vergewe het. En as ons sukkel Here, vergewe ons. In Jesus Naam