Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Goeiemore. Dirk wat met u gesels vanoggend. Ek het die voorreg gehad om vir ‘n aantal jare in my jonger dae intensief sport te doen. In een jaar was ek bevoorreg om drie soorte sport op provinsiale vlak deel te neem en in die proses aan verskeie nasionale kampioenskappe deelgeneem. Regoor Suid Afrika. En ek gebruik nie die geleentheid om my eie beuel te blaas vanoggend nie. Nee, dis allermins wat ek nou wil doen. Daar is egter een baie belangrike ding wat ek geleer het in al die jare van sport beoefening. En dit sal enige persoon wat ernstig aan sport deelgeneem het vir u kan vertel. En dit is die volgende: As jy goed wil wees in watter sportsoort jy ookal beoefen, gaan altyd terug na die basiese toe. Al gehoor van “Back to the Basics”? Met die beofening van enige soort sport begin jy mettertyd moeiliker en moeiliker werk te leer, nuwe taktieke, nuwe bewegings. En as jy dit nie doen nie gaan jy glad nie vorder na nuwe vlakke in jou sportsoort nie. Jy gaan bly vassteek by beginnervlak en nooit verder kom nie. Maar hoe meer jy vorder en al meer en meer op hoër vlakke begin deelneem is daar een ding wat altyd ‘n gegewe is: Gaan altyd terug na die basiese. Sien, die Springbokke kan soveel bewegings inoefen soos hulle wil, maar as hulle nie die basiese dinge kan doen soos om ‘n bal raak te vang nie, gaan geen goeie bewegings op die veld enigsins help nie. Ons weet dat God van ons verwag om te groei in ons geloofslewe. Ons kan mos nie net van melk lewe nie maar moet opgroei om vaste kos ook te kan eet se die Hebreerskrywer. Maar in ons geloofsgroei, om meer en meer aan die beeld van CHristus gelyk te word, is dit noodsaaklik dat ons nooit van die basiese dinge van ons geloof vergeet nie. Ek praat van daardie dinge wat ons tot die geloof in Christus gebring het. Onthou u nog Joh 3:16? God het die wereld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan he. Die basiese dinge van ons geloofslewe. Want as ons nie aan die basiese dinge vasklou in ons geloofspad nie, is dit so maklik om om van hierdie ware weg af te verdwaal. Ons redding deur genade, soos Ef 2 dit verduidelik, verlossing wat net deur Christus kom volgens Rom 5 en dat ons lewens anders moet wees, gelei deur die Gees soos Rom 8 dit stel. Dit is hierdie grondwaarhede van ons geloof wat verseker dat die fondasie van ons verhouding met Christus reg is. As ons dit onthou dan bederf Christus ons elke dag met iets nuuts in ons verhouding met Hom, en dit terwyl ons steeds onthou hoe om die bal te vang by wyse van spreke. Ons hou steeds die grondwaarhede van ons geloof in gedagte. Ons keer elke dag terug na die basics toe. Want dis hierdie basiese dinge in ons verhouding met Christus, die kernwaarhede waarin ons glo, waardeur ons Christus leer ken het. Ons moet versigtig wees dat hierdie basiese kernwaarhede van ons geloof nie vir ons so vervelig of afgesaag raak dat ons Christus in die proses verloor nie. Want dis waarop ons verhouding met Hom gebou is, ons Hom leer ken en liefkry het en wat ons dra van dag tot dag deur baie moeilike tye. Here dankie dat U u lewe afgele het vir ons. Dankie dat U deur U Gees in ons leef en dat ons op grond van u genade vrygespreek is. In Jesus naam. Amen