Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Goeiemore aan elkeen. Verhoudings groei in stilte. Kan ek dit weer se? Verhoudings groei in stilte. Kom ek verduidelik dit met ‘n voorbeeld. Onlangs vertel n dame vir my vrou dat sy van mening is dat haar huwelik op die rotse is. My vrou vra toe waarom sy so dink. Wel, se sy, ek en my man het die ander dag ongeveer 40km gery sonder om ‘n woord met mekaar te praat. Ons het maar net geglimlag hieroor. Toe dink ons daaraan dat ek en Lydia soms tot ‘n uur lank sal ry sonder om iets te se. Elkeen besig met hul eie gedagtes. Maar dit beteken nie ons huwelik is daarmee heen nie. Dit beteken bloot dat alhoewel ons mekaar se geselskap geniet, ons ook mekaar se teenwoordigheid sonder geselskap kan geniet. Ek verwonder my aan die teks in Jes 30:15: Julle krag le in stil wees en vertroue he”. Ja, God gee soms self vir ons die opdrag om stil te word voor Hom. En nie net voor Hom nie maar saam met Hom. Habakuk se opdrag in hoofstuk 2:20 was dat wanneer Israel in die heilige God se teenwoordigheid in die tempel kom, hulle as teken van respek stil moet word in sy teenwoordigheid. Hierdie stilword gaan gepaard met iets anders ook. Julle krag le in stil word en vertroue he. Want dis in hierdie stilte wat God ons oortuig dat ons veilig is. Veilig in sy hande. Let wel, nie gevrywaar nie, maar veilig. Selfs, en veral, in die hiernamaals. Om stil te word voor God, daardie tyd op Hom te konsentreer, dis die tyd wat God die verhouding tussen jou en Hom laat groei. Dis die kompos op die verhouding. Want om bloot net stil te word saam met God, sonder om ‘n inkopielys met gebedsversoeke te begin aframmel, dis die tyd wat jul verhouding ook in stilte groei. Klink dit vir u bietjie te melodramaties? Wel, ek het ook so gedink, totdat ek dit probeer het. Wanneer ons in gesprek met mekaar is, fokus ons op wat ons se en wil se. Maar wanneer man en vrou byvoorbeeld in stilte by mekaar sit, raak hulle later van mekaar bewus. Al meer en meer. Soms ontdek huweliksmaats dinge van mekaar in stilte wat hulle nooit in gesprekke sou ontdek het nie. In ons verhouding met God is dit dieselfde. As ek voor God kniel en tot Hom bid is dit goed en wel, maar ons fokus is dan meestal op ons gebedsversoeke. Hoe edel hierdie gebedsversoeke ookal is. Maar wanneer ek net in stilte voor Hom gaan sit, op Hom fokus, verdwyn al my eie begeertes, want ek is nie besig om ‘n inkopielys af te rammel nie. Dit gaan dan oor Hom en Hom alleen. Dis tye wat God eer. Offer tyd op. Maak tyd. En word stil voor God. Gee vir Hom ‘n oop gemoed, ‘n oop hart waarin Hy kan spreek. Ek staan soms verwonderd oor hoe mens God in hierdie stilte kan beleef. En dis sy werk. Dis nie ek wat Hom vind en Hom beleef nie. Dis Hy wat kies om Homself aan ons te openbaar, om nader aan ons te kom, om met ons gemeenskap te he. Want Hy is die God wat handel. Hy doen. Want hy het liefn . Geniet u tye van stilte saam met God. Here, help ons elkeen om u in die oomblikke van stilte te beleef. Laat groei my verhouding met U, tot U eer alleen. Amen