Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Goeiemore aan u elkeen. Dis Dirk wat saam met u kuier. Ek deel graag vanoggend iets met u wat ek miskien al voorheen vermeld het. Ek is nie ‘n aanhanger van sokker nie. Glad nie. Maar in die week lees ek weer iets wat my laat wonder het oor gelowiges. Die bekendste sokkerspeler in die wereld op hierdie stadium is beslis Christiano Ronaldo. Selfs al is jy nie ‘n sokkeraanhanger nie weet mense van hom. ‘n Tyd gelede het Ronaldo tydens ‘n perskonferensie ‘n bottle Coke wat voor hom op die tafel geplaas is weggeskuif en gese hy drink slegs water. Hierdie een enkele daad deur hierdie sokkerster het die aandele van Coca Cola met 4 biljoen dollar laat val. Ronaldo het ‘n maand gelede ‘n nuwe kontrak geteken met ‘n baie bekende sokkerklub in Europa. Hierdie klub het egter ‘n tradisie gehad deurdat die spelers met hul Vrydagmiddag ete beloon is vir ‘n week se harde oefeninge deur nagereg te ontvang saam met hul ete. Aangesien Ronaldo ‘n fiksheidsfanatikus is het hy geweier om die nagereg te eet. Die res van die span was blykbaar so vreesbevange dat hulle deur hierdie sokkerlegende verwerp gaan word dat die hele span te bang was om nagereg in te skep. Nodeloos om te se niemand het nagereg geeet nie. Tydens sy eerste wedstryd vir sy nuwe klub, Manchester United, het die skare vir die 90 minute wat die wedstryd aan die gang was sy naam gedreunsing. ‘n Volle 90 minute lank! As ek hierdie lees dan kom Rom 1:25 in my gedagtes op: “Dit is hulle wat die waarheid van God verruil vir die leuen. Hulle dien en vereer die skepsel in plaas van die Skepper aan wie die lof toekom vir ewig.” Ons as mense is ook maar net deel van die skepping. Die kroon van die skepping, maar weliswaar net deel van die skepping. En reeds in Paulus se tyd het mense die lof en die eer wat God toekom aan mense gegee. Kan u uself indink as ons as gelowiges uit ons slaap sou ontwaak en so aan die brand sou wees vir Christus? Dat ons enige gewoontes, tradisies, ens oorboord sou gooi of laat staan net sodat ons gehoorsaam aan Christus kan wees? Nie om ‘n sokkerster te behaag nie, maar om die Verlosser van almal te vereer. Hoor die opdrag in Rom 12:11 soos dit in Die Boodskap vertaling uiteengesit is: Moenie vir een enkele oomblik verslap in julle diens aan die Here nie. Nee, laat die Gees julle met sy krag aan die brand steek sodat julle voluit vir God kan leef. Dien die Here met groot oorgawe.” Die Emmausgangers se harte het warm geword toe Jesus met hulle gepraat het. Dis slegs Christus wat hierdie eer moet ontvang. Dis sy naam wat gedurig deur op ons lippe moet wees. Nie die naam van ‘n sokkerheld wat vir 90 minute gedreunsing word nie. Ons keuses en besluite wat ons neem moet altyd net een voorwaarde he: Wat gaan Jesus hiervan se? Waarom sou mense bekommerd wees wat ‘n sportster van hulle besluite gaan se? Miskien bloot omdat ons nie meer aan die brand is vir Christus soos Paulus dit beskryf nie. Miskien omrede ons geesdrif afgeneem het want ons geloofslewe is nog in eerste rat. Ons het God nog nie in ons eie lewe beleef of in aksie gesien soos die aanhangers vir Ronaldo op die sokkerveld beleef nie. Wie se skuld is dit dan? Beslis nie God s’n nie. Nee, want wanneer hierdie wereld by die punt is waar een mens soveel eer en lof, en kan ek maar se, eintlik aanbidding ontvang, is dit ‘n vingerwysing na ons as gelowiges. Wanneer vereer ons Christus so in die openbaar? Ronaldo het baie opgeoffer om te kom waar hy is vandag. Die verskil is Christus het nie baie opgeoffer nie, Hy het ALLES opgeoffer. Wie kies ons vandag om eer aan te bring? ‘n NUwe rugbyspeler, politikus, ‘n kollega by die werk, wie ookal. Miskien sonder dat dit ons bedoeling is. Efesiers 5 stel dit so perfek: “…Laat die Gees julle vervul…..en sing met julle hele hart tot eer van die Here.” Here, al die lof, die eer en die aanbidding kom slegs U toe. Geen mens, instansie, aardse wese nie Here. Ons wil van die dakke af basuin dat U alleen die eer toekom wat ons bring. In Jesus Naam