Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Goeiemore aan u elkeen. Watse soort vriende het u? Ek se altyd vir mense ek het nie baie vriende nie, maar ek het baie goeie vriende. Vriende wat ek 1uur in die nag kan skakel en vra om vir my te bid en ek weet hulle doen. Het u sulke vriende? Nou die wysheidsboek Spreuke word aan 3 skrywers toegedig nl Salomo, Agur en Lemeul. Nou ek weet nie watter een van die drie verantwoordelik was vir hoofstuk 18 nie, maar vers 24 praat vanoggend met my. Hierdie vers se dat daar vriende is wat nader kan wees as ‘n broer of suster. Dis die soort vriende waarvan Johannes praat wanneer hy se dat daar nie ‘n groter liefde bestaan as iemand wat sy of haar lewe vir ‘n broer of suster sal afle nie. Ek vra weer: Is die vriende wat u het sulke vriende? Weet u en is u oortuig dat hulle hul lewens vir u sal afle? Nog meer: Is U so ‘n vriend vir ander? Iemand wat teenoor u vriende die liefde van Christus leef. Is u bereid om u lewe vir u vriende neer te le? Want sien, ‘n goeie vriend of vriendin is iemand wat die liefde van Christus teenoor u leef. Dis iemand wat u gaan waarsku teen die kwaad en verkeerd van die lewe. Dis iemand wat alles in die stryd gaan werp om u nader aan God te probeer kry. Want hulle weet: Selfs die beste vriendskappe is tydelik, maar ‘n verhouding met God is ewig. ‘n Goeie vriend stel jou belange bo sy of haar eie. Nie hulle wil en wense nie, maar joune. Dis die soort vriende wat ons moet soek en kies. Maar dieselfde Spr 18:24 begin met ‘n waarskuwing: Maats kan jou breek! En sien ons dit nie al te gereeld nie? Mense wat voorgee om vriende te wees maar in retrospeksie is hulle slegs daarop uit om jou in te doen, selfs te vernietig met hul sogenaamde vriendskappe. Jy beleef niks van God in hulle lewens nie en al wat vir hulle saak maak is om jou saam met hulle in die afgrond in te trek. Toe ek in die gevangenis gewerk het het ek by baie mense aan die verkeerde kant van die tralies dieselfde storie gehoor. Meneer, al my sogenaamde pelle het verdwyn toe ek eers gevang en toegesluit is. Minder as ‘n week terug het iemand nog vir my gese dat toe hy sy ma se erfgeld gehad het het hy baie vriende gehad. Noudat die geld op is is die sogenaamde vriende weg. Maar ek wil tog iets verder hieroor se: Het jy sulke vriende? Of het jy sulke vriende gehad? Ja? Wel dan is dit jou eie skuld. Want soos die spreekwoord lui, jou vriende is jou keuse! Familie kan ons mos nie kies nie, maar vriende, hulle is ons eie keuse. En soms dink ons ons het die wonderlikste vriende denkbaar. Maar toets hulle aan dit wat op die einde van die dag saakmaak: God se woord en standaarde. En as hulle die toets nie slaag nie is dit die soort vriende waarvan die skrywer in vers 24 praat wanneer hy se dat maats jou kan breek. Hierdie is die tipe vriende wat jou gaan breek. Daarom, breek eerste met hulle. Kies vriende wat God voorop stel. Vir wie God en sy wil prioriteit is. Want, ons het mos ons kinders geleer: Aan jou vriende sal jy geken word. 1 Kor 15:33 in die Bybel by kinders is vir my so treffend…….LEES. Direk nadat Paulus ons waarsku teen die dinge wat verkeerde vriende doen en die invloed wat hulle op ons het, gee hy die opdrag dat ons dadelik moet ophou om sonde te doen. Wat die invloed van hierdie verkeerde vriende lei tot sonde. Wees gewaarsku. Here, help ons om ons vriende met wysheid te kies. Maar nog meer Here, help ons elkeen om ‘n vriend vir ander te wees wat U behaag. Amen