Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Goeiemore. Dis Dirk wat u groet aan hierdie kant vanoggend. Ek gesels verlede week met ‘n vriend van my wat vir my se dat hy voel dat hy besig is om sy geloof te verloor. Dinge wil net nie uit werk nie en alles loop verkeerd. Nou alle mense beleef soms ‘n dooie tyd in hulle geloof. Dis asof hulle soms apaties is en nie meer deel voel van hulle broers en susters in Christus nie. Dis egter interessant om daarop te let dat die hele lewe in siklusse beweeg. In die natuur byvoorbeeld kom droogtes en oorstromings in siklusse van ‘n aantal jare voor. Op die aandelemark styg en daal die pryse. ‘n Vrou wat ‘n koek bak of rokke maak is nie altyd ewe tevrede met elke eindproduk nie. Hiermee wil ek nou nie se dat die mens uitgelewer is aan bonatuurlike magte wat ons bestaan beheer en dat ons niks kan doen om ons lot te verander nie. Allermins. Wat ek wil se is dat geen mens altyd op die pieke van die lewe beweeg nie. Soms is Christene ook maar oneerlik met mekaar. Hulle hou daarvan om vir ander van die geestelike hoogtepunte te vertel. Ons getuig makliker oor gebede wat verhoor word as oor die wat onverhoor gebly het. Min van ons is eerlik genoeg om teenoor mekaar te erken dat ons soms geestelik arm voel en nie weet hoe om God ten volle te dien nie. Soos elke skip maar die een of ander tyd in die droogdok moet gaan le vir herstelwerk, beland ons ook soms in die geestelike droogdok. En as ek vir u bietjie troos kan gee vanoggend: Die Bybel is vol voorbeelde van geloofshelde wat in die droogdok beland het. In 1 Konings 18 daag Elia die profete van BAAL uit. God verhoor Elia se gebed so wonderbaarlik dat die hele volk op hulle kniee nerval en uitroep: Die Here is God, Die Here is God!. Maar presies een hoofstuk later lees ons dat Elia wegvlug van Isebel af. Hy loop die woestyn in en gaan sit onder ‘n besembos en wens om dood te gaan. Hoe kom mens dan weer uit so ‘n droogdok uit? In die eerste plek moet jy nooit jou verhouding met Christus slegs op gevoel en emosie bou nie juis omdat ‘n mens se gevoel so wisselvallig is. Om Jesus te dien is ook ‘n intellektuele besluit. ‘n Besluit wat jy met jou verstand neem. Daarom, wanneer jy emosioneel op ‘n laagtepunt is, sal jy op ‘n intellektuele vlak nog steeds kan weet dat niks aan jou verhouding met God veander het nie. Jesus bly Koning en Hy bly steeds lief vir jou al voel dit dalk nie altyd so nie. Soek Christenvriende op. Deel jou emosies met hulle en dra en bou mekaar op. Gelowiges moet uitreik na mekaar. ‘n Mens kan maklik depressief word as jy oor jou vrae en hartseer begin tob. Wees ook versigtig dat ander Christene, daardie wat soms aan geestelike hoogmoed ly, jou nie soos ‘n tweederangse gelowige laat voel. Iemand het eendag vir my gevra wat is die verskil tussen ‘n Christen en ‘n groot Christen. Wel, ek kon net antwoord met ‘n teenvraag: Wat is die verskil tussen ‘n sirkel en ‘n ronde sirkel? Niks nie. Moet daarom nie jou verhouding met God meet aan die van ander nie. Soms wil d it net voorkom asof sulke mense altyd op ‘n HIGH leef. Maar selfs Petrus het gesondig terwyl hy op ‘n geestelike high was. Gaan lees gerus Matt 16:13-23! Spandeer tyd by God. Maak jou hart voor Hom leeg, sit in stilte by Hom en luister aandagtig. Maak ‘n punt daarvan om Hom raak te sien in elke voeltjie wat sing, blaar wat ritsel en elke laggende kind. En waardeer net weer die vrede wat Hy jou gee wanneer jy dan weer gaan besef: Maar in Christus is ek okay, al voel dit nie altyd so nie. Here, help ons om elke dag so bewus te wees van U teenwoordigheid da tons nooit sal twyfel oor ons plek voor U nie. Amen