Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Goeiemore. Dis Dirk aan hierdie kant. In die Natalse dorpie Winterton staan ‘n klein spoorweghuisie langs die silos. In die erf van hierdie huisie is ‘n majestijeuse akkerboom. Wanneer ek langs die boom staan verdwerg dit mens tot niks nie. Geweldig groot. Waarom is die boom in die middle van so ‘n onbelangrike dorpie vir my ‘n aantrekkingskrag? Wel, my pa het hierdie boom geplant toe hy 7 jaar oud was. Dit was in 1944. Nog in die tyd toe die 2de wereldoorlog nog aan die gang was. En my pa het my verseker dat hierdie ‘n baie klein boompie was toe hy hom in die grond gesit. En nou, 81 jaar later, is hierdie akkerboom oorweldigend. Dit het gegroei tot ‘n boom wat menige rukwinde sal weerstaan. Die klein, maer takkie wat in die grond gesit is het oor die jare ontwikkel tot ‘n geweldige dik stam wat stewig gevestig is in die grond. En toe ek onlangs weer na ‘n foto van hierdie boom kyk val dit my by. Wanneer ons begin om ‘n geloofspad met God te loop is ons geestelik maar baie dun en kwesbare mense. Net soos daardie klein boompie. Maar hoe dieper ons ons wortels in God vestig, hoe meer en meer ontwikkel ons tot volwasse gelowiges. En omdat ons nie skielik geestelik volwasse is wanneer ons God leer ken nie, het ons, net soos hierdie akkerboom, nodig om te ontwikkel en te groei elke dag. Geestelik gesproke natuurlik. Maar hoe groei ons? Wel, die Skrif gee vir ons ‘n paar antwoorde daarop. Petrus se in 1 Petrus 2:2 dat ons moet smag na die suiwer geestelike melk van die evangelie soos babas smag na melk. Kol 1:10 moedig ons aan om toe te neem in goeie werke en kennis van God. 2 Kor 8:1-5 se dat ons groei in Christus deur te leer om te gee. En dan se Paulus vir ons dat as ons in die liefde by die waarheid van die woord bly sal ons in alle opsigte groei na Christus toe volgens Ef 4. Is dit nie maar waarna ons smag nie? Om te groei na Christus toe. Meer en meer soos Hy te kan word nie? Dat ons ook so gewortel is in Hom dat ons sterk teenstand kan bied teen die aanslae van die lewe. Dat ons versoekings met ‘n glimlag kan hanteer. Want ons weet dat ons geestelike stam so dik en gevestig is dat net mooi niks ons gaan beweeg nie. Maar om dit te kan doen is daar een basiese vereiste: Bly in Christus! Bly by Christus! Here, help ons asseblief om naby U te bly. Om U te soek elke oomblik van die dag, in alle fasette van ons lewens. Amen