Datum:
Opskrif:
Gedagte:
8/4 Goeiemore. Dis Dirk wat gesels. Ek hoor in die week hoe ‘n dame vertel watse wonderlike man sy het. Hy doen blykbaar niks verkeerd nie. En, se sy, hy is baie lief vir haar. Wel, dink ek, dis wonderlik. Ek vra haar toe wat doen hy alles wat haar so beindruk. Wel, sy kon jou werklik nie een ding opnoem wat hy doen nie. Help hy kos maak as jy laat werk vra ek haar. Nee. Help hy om die kinders reg te kry vir skool. Nee. Was hy die wasgoed as jy ‘n moeilike dag by die werk gehad het? Ook nie. Wel, tap hy ten minste net in die aand vir jou badwater in. Blykbaar ook nie. Maak hy nog die motor se deur vir jou oop. Dit bestaan ook nie meer nie. So wat doen hy dan…..wonder ek. En dit het my laat dink aan hoe verkeerd ons soms Maleagi 2 kan lees. Van vers 13 tot 16 skryf Maleagi die volgende…….. Ontrou! Ons dink aan ontrou as iemand wat ‘n verhouding met iemand anders gehad het. En dan, so se Maleagi mos, skei die mense gewoonlik. Maar die Hebreeuse woord wat vir ontrou in Maleagi gebruik word is die woord BAWGAD. En dit beteken baie meer as bloot ontrou in terme van ‘n buite egtelike verhouding. Dit beteken ook om haar nie tot haar reg te laat kom nie. Om haar te minag en nie geliefd te laat voel nie. Kon Maleagi al in die tyd voor Jesus so oor hierdie dinge gedink het? Selfs toe, al het vroue geen regte gehad nie, het ‘n man steeds die verantwoordelikheid gehad om die vrou met wie hy getroud was met respek te behandel. En ons kan maklik se dat ons ons vroue met respek behandel want ek praat mooi met haar, behandel haar nie sleg nie ens. Maar mnr, het jy al vir jou vrou gevra wat laat haar spesiaal voel? Het jy al daaraan gedink dat sy soms ook soos jy moeg van die werk afkom en dan die kinders moet versorg, kos moet gaar kry ens. Die ergste van alles is dat Maleagi hierdie gedeelte begin met ‘n waarskuwing. Hy se die feit dat jy nie jou vrou soos ‘n koningin behandel nie is die rede waarom God nie jou offer aanneem nie. Wel ons kan hierdie een systap as ons wil. Ek meen, ons bring gelukkig nie meer offers nie. Maar o wee, as ons na die NT blaai vind ons byna dieselfde teks. 1 Pet 3:7 herinner Petrus die manne daaraan dat hulle hul vroue verstandig moet hanteer en eer aan hulle bewys. Want anders gaan ons gebede nutteloos wees. En hier is die opdrag selfs nog groter. Ja broer, jy moet jou vrou eer en haar behandel soos iemand wat verstandig is. Eenvoudig gestel, as jy haar nie op jou hande dra en soos ‘n koningin behandel nie is jy per slot van sake sonder verstand. Wil jy he jou gebede moet beantwoord word? Behandel jou vrou verstandig en met eerbied se Petrus. Ek wil graag vir die manne se vanoggend. Hou in gedagte, ons is besig om die volgende geslag jong manne te vorm. En kinders soek nie ‘n preek nie, hulle soek ‘n model. Die bekende gesinssielkundige James Dobson is oortuig dat ‘n Pa die belangrikste rol in die opvoeding van kinders speel. Dis dalk debateerbaar, maar dis interessant om te sien hoekom hy so se. Want, se Dobson, by die pa leer ‘n seun hoe om ‘n dame te behandel, en by die pa leer ‘n dogter hoe ‘n man haar eendag moet behandel. Watse voorbeeld is ons as mans vir die volgende geslag? Die geslag wat ons besig is om te vorm. Dat vroue daar is om agter ons skoon te maak, te stryk, te kook, kinders groot te maak saam met hul voltydse beroepe? Of is hulle ‘n seen uit die hand van die Here wat ons met liefde en omgee behandel? Want dan is dit vir ons geen moeite om aandete te maak nie, om vroulief te laat rusen die kinders deur die bad en in die bed te kry nie, om self maar die wasgoed in die wasmasjien te gooi of net ‘n bad te tap vanaand. Glo my broer, die beloning sal groot wees….. Here, help my en elke man wat hier luister om die man vir ons vroue te wees wat U behaag. In Jesus Naam Amen