Datum:
Opskrif:
Gedagte:
10/4 Goeiemore. Dis Dirk wat met u gesels. Die lydensverhaal van Jesus soos dit deur Matteus beskryf word is eintlik ‘n merkwaardige en interessante gedeelte. Eintlik vreemd ook. Op die lydensweg na Getsemane is daar 2 dinge wat Jesus se optrede kenmerk. Eerstens word daar byna niks oor Homself en sy reaksies geskryf nie, en wanneer daar wel verwys word en wat Hy se of doen, is dit Hy wat die inisiaitief neem. Daar word in Matteus se lydensverhaal merkwaardig selde verwys na wat Jesus doen of se. Matteus het nie meer nie as omtrent 10 verwysings na Jesus nie, en dit in ongeveer 84 verse waarin hy die hele gevangeneming, verhoor en kruisiging beskryf. Lees maar gerus Matt 26:47-27:56. Kom ons kyk maar net na Jesus aan die kruis. Matteus beskryf die kruisiging in 23 verse. In hierdie tyd se Jesus net 3 keer iets. Hy weier om die wyn en gal te drink, Hy roep uit na God in vers 46 en Hy roep weer uit en sterf in vers 50. Dit is eintlik merkwaardig, veral as mens onthou dis eintlik die verhaal oor Jesus. Hy is die hooffiguur. En ‘n mens moet verder onthou hoe erg sy lyding moes gewees het. Maar daar is letterlik geen verwysing na hoe erg dit was of hoe Hy dit beleef het nie. Waarom? Miskien help om te onthou dat die Evangelies nie biografiee oor Jesus is nie. Dis nie sy lewensverhaal wat opgeteken is nie. Dis die goeie nuus vir die mensdom. En slegs dit wat werklik tot ons verlossing bydra is opgeteken. Maar nou, die enkel kere wat daar wel na Jesus se doen en late verwys word. Kyk hoe beslissend tree Hy op. Na die derde gebed is sy woorde in Matt 26:46 die volgende : “Staan op, kom ons loop. Kyk, die man wat my verraai is hier naby”. Jesus deins nie terug nie, Hy gee homself oor. Wanneer Judas voor Hom staan, se Hy: “Vriend, doen wat jy gekom het om te doen!” Wanneer een vd dissipels die slaaf se oor afkap is Jesus se opdrag skerp : “Sit jou swaard terug in sy plek” Jesus antwoord die Hoepriester in vers 64 met die woorde “Dit is soos u se”. Dit gee die Raad die gronde om Hom te veroordeel. Hy se dieselfde woorde voor Pilatus in 27:11. Nog ‘n keer bevestig Hy die beskuldiging teen Hom wat maak dat Hy veroordeel kan word. Aan die kruis roep Hy die bekende woorde “My God, My God, waarom het U my verlaat?” Daarna blaas Hy sy laaste asem uit. Maar hier is die geweldige ironie van die hele situasie. In die verhoor voor die Raad is daar baie vals getuies, maar niks kom na vore wat bruikbaar is om Jesus skuldig te bevind nie. Daar word pertinent in 26:63 na sy stilswye verwys, maar wanneer die Raad nie goeie getuienis teen Hom kan kry nie verskaf Hy sommer self die getuies waarop hulle Hom kan skuldig bevind. Dis asof Jesus se “werklik, kom ek help julle uit want ek sien julle sukkel bietjie”. Met ‘n enkele uitspraak in 26:64 neem Jesus die inisiatief. Op die vraag van die hoepriester of Jesus die Seun van God is antwoord Hy “Dit is soos u se”. Voor Pilatus gebeur dieselfde. Hy voorsien self die getuienis waarop Hy skuldig bevind kan word in 27:11. En verder swyg Hy. In die hele uitleweringsproses hierna wat 11 verse duur se Jesus niks. Jesus neem dus die inisiatief om hulle in staat te stel om Hom skuldig te bevind en te kruisig. Dit is alles merkwaardig as ons onthou dit gaan om die lyding waarvoor Hy net ‘n rukkie tevore in Getsemane nie kans gesien het nie. Maar daar, in Getsemane, het Hy die saak met God deurgeworstel en oorwinnend anderkant uitgekom. Here, u woord se niemand het u lewe afgeneem nie, maar U het dit self afgele. U het hierdie helse pyn en smart oor uself laat kom net sodat ons ook oorwinnend anderkant kan uitstap. Dankie Here.