Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Goeiemore. Dis Vrydag, 9 Mei, en dis weer Dirk wat met u gesels. Ons kyk weer vanoggend na ons gebruiklike interessante teksvers. Ons lees in Num 8:10 dat die Leviete in diens gestel is deurdat die Israeliete “voor die Here” hulle hande op die Leviete gele het. Moses het ook vir Josua die hande opgele en hom met gesag beklee sodat hy sy taak kon verrig in Num 27. Dit is die rede waarom predikante van die susterskerke hulle hande op ‘n proponent le as hy of sy as leraars bevestig word. Gewone lidmate sien hierdie handeling maar min. In die NT lees ons van die mense wat HG ontvang het nadat die apostels hulle die hande opgele het. In Hand 13:3 het die gemeente vir Barnabas en Saulus die hande opgele voor hulle op hulle sendingtog vertrek het. Paulus waarsku egter vir Timoteus en se: “Moenie iemand oorhaastig die hande oplê en jou so aan die sondes van 'n ander medepligtig maak nie.” Die bedoeling hier is dat Timoteus eers baie seker moet maak of iemand se lewe reg is voordat hy hom in ‘n amp in die gemeente aanstel. Die Bybel vertel ook dat mense mekaar die hande opgele het as simboliese handeling van ‘n seenbede wat uitgespreek is. So het Jakob sy hande op sy seuns Efraim en Manasse gele toe hy hulle geseen het. Jesus het sy arms om die kindertjies gesit en toe sy hande op hulle gele en hulle geseen. Die handoplegging word dus byna ‘n simboliese handeling va geestelike seen wat van een persoon na ‘n ander oorgedra word. Dit is ongetwyfeld waar dat die modern mens al hoe meer ‘n behoefte aan sulke gebeure het. Selfs net ‘n blote aanraking is al sielkundig bewys, vervul ‘n diep behoefte aan intimiteit. Daarom kan gelowiges gerus meer vir mekaar bid, mekaar seen en mekaar die hande ople. Here, help ons om ook U hand en werk in ‘n gebaar soos hierdie te beleef. Help ons om ook so om te gee vir ander. Amen