Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Goeiemore op hierdie Vrydag, 16 Mei. Dirk aan hierdie kant. En omrede dit die einde van die week is, kyk ons weer oudergewoonte na ‘n interessante stuk in die Skrif. Nou die woord Heilig kom baie dikwels in die Bybel voor. Maar wat beteken dit? Die betekenis van die Afrikaanse woord Heilig stem Meestal nie ooreen met die Bybelse betekenis van die woord nie. Ons sal bv in Afr se dat iemand Heilig is op sy kar. Daarmee bedoel ons dat hy besonder gesteld is op sy kar. Verder het die woord Heilig in Afr dikwels ‘n ongunstige betekenis. Daar sal bv smalend van iemand gese word dat so ‘n persoon dink hy is Heilig. Daarmee word dan bedoel dat die persoon dink hy is sonder sonde. Die woord Heilig het al menige mense laat kopkrap, veral as die Skrif die opdrag gee “Wees Heilig, want God is Heilig”. Tradisioneel word die woord Heilig in katkisasieboeke en preke verklaar as iets wat afgesonder is of eenkant gesit is. Dit is ook so in Ef 1:3 vertaal. Maar dit kan nie reg wees nie. Want as ons se dat God Heilig is, dan se ons mos nie dat Hy eenkant gesit is nie. Dit bots met die Bybelse boodskap wat se dat God in ons midde is. Verder, as God ons oproep om Heilig te leef, beteken dit mos nie ons moet afgesonderd leef nie, amper asof God verwag da tons liefs in ‘n klooster moet gaan bly nie. Die woord Heilig in die Bybel het twee betekenisse: Wanneer dit in verband met God gebruik word, beteken dit dat God morel en eties heeltemal anders is as die mens. Waar ons in Op 15:4 lees dat God alleen Heilig is, se dit vir ons dat Hy morel en eties volmaak is, en dus in ‘n gans ander klas as mense is. Daar is Niemand anders wat soos God is nie. Wanneer die woord Heilig egter op mense betrekking het, het dit die betekenis van “volkome aan God toegewys wees”. As God ons oproep om Heilig te lewe, roep Hy ons op om volkome aan Hom toegewy te wees. Die oproep is dus nie om sonder sonde te leef nie, want die gaan ons in elk geval nie regkry nie. Ons moet steeds poog daartoe, ja, maar die opdrag gaan daaroor om toegewy aan God te leef soos Hy dit vra. Here, nou kan ons bid en vra dat U deur U Gees ons sal help om Heilig te leef. Amen