Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Goeiemore op hierdie Vrydagoggend, 23 Mei. Dirk aan hierdie kant. In Gal 4:4 staan daar dat Jesus in die volheid van die tyd gekom het. Die Boodskap vertaling praat van die regte tyd. Nou wanneer mens na die omstandighede van die tyd van Jesus se koms kyk, staan mens verstom oor hoe God die wereld voorberei het vir die koms van sy Seun. God het die wereld absoluut voorberei op die koms van Christus en dit verduidelik Paulus se woorde in Gal 4. In 27vC is die Romeinse republiek met ‘n Keiserryk vervang. Hierdie was ‘n tyd van voorspoed en vrede vir die Romeine gewees. Die feit dat dit ‘n tyd van vrede was het daartoe bygedra dat die evangelie baie makliker en vinniger in die Romeinse Ryk versprei het. Aleksander die Grote het groot gebiede rondom die Middelandse See verower en die Griekse taal en kultuur daar ingebring en versprei. Grieks het gevolglik die wereldtaal geword soos Engels vandag is. Die NT is toe in Grieks geskryf en die evangelie kon sonder enige taalprobleme wyd en syd verkondig word. Op ‘n geestelike vlak het die antieke godsdienste nie meer die mense bevredig nie. Die wereld was ‘n sondige moeras sonder dat die afgodediens antwoorde aan hulle vrae kon bied. Die ekonomie het ‘n baie gesonde tydperk beleef. Daar is oor en weer handel gedryf en met al die seeroetes beskikbaar kon die evangelie vinnig versprei. Min Jode het na die Joodse ballingskap teruggekeer Palestina toe. Dit het tot gevolg gehad dat hierdie Jode wat agtergebly het sinagoges buite Palestina begin het. Paulus kon dus in elke dorp wat hy besoek het na die sinagoge gaan en dit was Altyd die beginpunt van sy prediking. Op die regte tyd het God sy Seun gestuur. ‘n Tyd soos deur God bepaal en wat net weereens vir ons wys dat God toe, maar ook nou, ‘n plan het met die wereld en dat elkeen van ons deel van hierdie plan vorm. God is op reis met die wereld en ons verantwoordelikheid is om die evangelie so gou moontlik by mense uit te kry. Want dis God se wil dat elkeen gered sal word end at Niemand verloor gaan nie, en daardie deel van sy plan het Hy aan elkeen van ons toevertrou. Dit is God se wil en plan vir jou. Here, help ons om getroud te wees in die uitdra van die evangelie. Dankie da tons elke dag kan sien dat U betrokkenheid by die wereld rondom ons steeds dieselfde is as met die koms van U Seun. Amen