Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Goeiemore. Dis Vrydag, 13 Junie en Dirk wat met u gesels. En soos gewoonlik op Vrydae kyk ons weer na ‘n interessante teksvers of onderwerp. Nou Sommige Christene koop nie kos waarop die halaal teken is nie omdat dit volgens hulle aan afgode gewy is en Christene dit nie mag eet nie. Die woord Halaal beteken toegelaat of wettig. As kos halaal is, beteken dit dat Moslems toegelaat word om dit te eet. Die teenoorgestelde van halaal is haraam. Volgens die Islam kan mens hel toe gaan as jy haraam kos eet. Kos wat haraam is en met halaal kos in aanraking kom, sal ook die halaal kos besoedel. Voordat kos halaal geklassifiseer kan word moet al die bestandele daarvan ondersoek word. Daar word ook gekyk na die produksie, verpakking en berging van die kos. Verder is daar ook streng voorskrifte vir die slag van diere. Die Christene in Korinte het ‘n soortgelyke probleem gehad. Paulus praat daaroor in 1 Kor 8. Die heidene het letterlik honderde verskillende afgode gehad. Daar is daagliks talle diere in die tempels aan die gode geoffer. Nadat die diere aan die afgode gewy is en die personeel in die tempel ook daarvan geeet het, was daar nog steeds hope vleis oor. ‘n Mens kon die vleis darem nie net weggooi nie en daarom is sulke vleis verkoop. Christene wat by die slaghuise hulle vleis moes koop het die gevaar geloop om van die vleis wat oorspronklik aan afgode geoffer is, te kry. ‘n Mens kan uit 1 Kor 8 nogal agterkom dat Christene in Paulus se tyd die vraag of dit reg was om sulke vleis te eet, baie druk bespreek het en dat dit vir hulle ‘n groot knelpunt was. Paulus antwoord die Christene in die stad Korinte dat ‘n mens moet besef dat daar in die eerste plek geen ander God as die God van die Christene is nie. Daarom maak dit hoegenaamd nie saak of ‘n Christen van die vleis eet of nie. Maar selfs al is daar geen fout daarmee om sulke vleis te eet nie, voeg Paulus steeds by: As jy jou buurman in ‘n geloofstryd gaan dompel wanneer jy sulke vleis eet, moet jy dit eerder los. Jou liefde vir jou naaste moet altyd die botoon voer. Maar onder normale omstandighede is daar niks mee verkeerd om dit te eet nie. Indien ons se dat die Jode nie ‘n ander God as ons aanbid nie, sal ons ook moet se dat die Moslems nie ‘n ander God as ons aanbid nie. Nog die Jode nog die Moslems aanvaar die verlossing wat Christus vir ons gebring het. Daarom se ons dat hulle volgens ons geloof nie gered is nie. Maar dit beteken nie dat hulle van bose geeste besete is nie. Christene kan met Moslems gesels en hulle kan vry voel om kos met die halaal teken op te eet. Paulus se baie duidelik dat iemand wat Christus se dood vir hom of haarself toeeien, dood is vir wettiese godsdienstige reels in Kol 2:20. Hy roep gelowiges op om hulle dan hoegenaamd nie verder aan allerhande voorskrifte oor voedsel te steur nie. Net in die volgende vers, in Kol 2:21, se Paulus ons moet ons nie steur aan mense wat se “Hieraan mag jy nie vat nie! Daaraan mag jy nie jou mond sit nie!”. Mense wie se lewe deur sulke reels beheer word is besig met ‘n selfgemaakte godsdiens se hy in vers 23. Die godsdiens wat van God af kom, maak ons juis vry hiervan. ‘n Gelowige wat aan Christus vashou se geloof kan nie ongedaan gemaak word deur dit wat hy of sy eet nie. Here, dankie da tons kan WEET dat ons geanker is in U. En dat niks, ook nie wat ons eet nie, ons kan skei van die liefde van Christus nie. Amen