Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Goeiemore. Dis Vrydag, 20 Junie en weer Dirk wat met u gesels. En soos die gebruik op ‘n Vrydag kyk ons na ‘n interessante teks of onderwerp in die Skrif. Moderne gebruike omtrent die huwelik het ‘n lang geskiedenis. In die antieke wereld het die bruidspaar byvoorbeeld vrugtekoek geeet om hulle vrugbaarheid te verseker. Vandaar ons gebruik van die troukoek. Beide die bruid en die bruidegom het ‘n kroon op hulle kop gehad terwyl die bruid ook pragtige juwele gedra het. Dit was ‘n tyd van vreugde: Jesaja 61:10 beskryf dit soos volg: “10Ek is baie bly oor die Here, ek juig oor my God, want Hy het my gered, vir my oorwinnaarsklere aangetrek. Ek is soos 'n bruidegom met 'n priesterkroon op, soos 'n bruid met haar juwele aan.” Die kerkvader Chrisostomus vertel dat Christenpaartjies Altyd ‘n kroon opgesit het omrede hulle seksuele losbandigheid oorwin het en seks vir die huwelik gebere het. Daarom die rede dat Sommige vroue in die verlede ‘n tiara gedra het tydens die huweliksplegtigheid. Die doel van die sluier was om die vrou se skoonheid te Verberg sodat daar nie op ongeoorloofde wyse na haar gekyk kon word nie. Tog het dit dikwels presies die teenoorgestelde uitwerking gehad: die prag wat sy uitgestraal het deur haar half deurskynende sluier, het juis haar sensualiteit verhoog. Daarom se die bruidegom in Hooglied 4:1: “my liefling, jy is mooi, jou oe is duiwe agter jou sluier….” By die destydse huweliksfees was die strooijonker ‘n baie belangrike persoon. Hy moes elke stukkie detail van die huweliksplegtigheid reel. Wanneer die groot dag aanbreek en die bruid en bruidegom aan mekaar gegee word, is sy taak vervul. Johannes die Doper se “Die bruidegom is die een aan wie die bruid behoort; maar die vriend van die bruidegom staan en luister of hy kom en is baie bly wanneer hy die stem van die bruidegom hoor.” Hy sinspeel daarop dat Jesus die bruidegom is wat sy bruid (die kerk) kom haal het, end at hy wat Johannes is, net alles vooraf in gereedheid moes bring. Die bruilof is met ‘n groot ete by die huis van die bruidegom se ouers afgesluit soos die gelykenis van die bruilof in Matt 22 verduidelik. Gewoonlik het hierdie fees 7 dae geduur. Die Bybel gebruik dikwels hierdie vruegdevolle saamwees van gaste by ‘n bruilof as beeld vir ons ewige saamwees met Christus. So lees ons in Op 19 “ Geseënd is hulle wat na die bruilofsmaal van die Lam uitgenooi is.” Here, terwyl die wereld gereedmaak vir oorlog, maar die hemele gereed vir ‘n bruilof. Dankie da tons nou reeds kan weet dat ons deel van daardie bruilof gaan wees. Amen