Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Goeiemore op hierdie Vrydag, 27 Junie. Weer Dirk aan hierdie kant en omrede dit Vrydag is kyk ons weer na ‘n interessante teksvers. In Johannes 21 lees ons dat die dissipels een nag geen vis gevang het nie. Die volgende oggend se Jesus vir hulle om die net aan die regterkant van die skuit uit te gooi. Toe vang hulle 153 groot visse. Nou die vraag word gereeld gevra of hierdie getal van 153 enige spesiale betekenis het? Deur die eeue het teoloe allerhande verklarings vir die getal 153 aangebied, Sommige nogal heel vindingryk. Hiëronymus skryf in die 4de eeu nC dat daar 153 soorte vis in die antieke wereld bekend was. Die getal 153 is dan die kerk wat uit alle soorte mense bestaan Die letterwaardes van die naam Simon, wat Natuurlik Petrus se ander naam was, is 76. En die letterwaarde vir die woord “vis” is 77. Dit gee ‘n total van 153. Hiervolgens is Petrus dus ‘n visserman wat met ‘n groter opdrag aangestel is. Ander se weer 153 is saamgestel uit 3 x 50 plus 3 en dat dit ‘n aanduiding van die 3-eenheid is. Teoloe wat meer sendingbewus is, glo dat die getal 100 vir die heidene staan, die getal 50 vir Israel en die getal 3 vir die 4-eenheid. En so is daar nog ‘n paar ander interpretasies waarvan Sommige aan die belaglike grens. Maar al hierdie verklarings is blote spekulasie. Dit lyk meer aanneemlik dat Johannes die getal 153 noem bloot omrede dit die werklike getal visse is wat gevang is. ons moet onthou dat dit die gebruik was om die visse te tel sodat dit gelykop tussen die vissermanne verdeel moes word. Dit lyk eerder of Johannes die presiese getal visse noem om aan te dui hoe groot Jesus se wonder werklik was. Here, ons weet U is die God van wonders, en daarvoor kan ons u net dank en eer. Amen