Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Goeiemore. Dirk op hierdie Vrydagoggend, die 4de Julie. Ons kyk weereens na iets interessants in die Bybel en vanoggend kyk ons na juweliersware in die Skrif. Juweliersware is so oud soos die mensdom self. Volgens Eks 32:2 was oorringe een van die vrou se hoofsierade maar die Bybelse vrou was ook besonder lief daarvoor om armband en neusrige te dra. Ja, u het reg gehoor, neusringe ook. Luister ‘n bietjie wat gee Abraham se slaaf vir Rebekka in Gen 24: “Toe die kamele klaar gedrink het, sit hy 'n goue ring van ses gram aan haar neus en twee goue armbande van honderd en vyftien gram aan haar arms” Juwele is ook nie net as versiering gedra nie. Dit het dikwels ook as amulette, of dan nou gelukbringers, gedien. Hierdie heidense seining van oorringe is waarskynlik die agtergrond waarteen Gen 35 gelees moet word. Ons lees in verse 2 en 4 die volgende: “Toe sê Jakob vir sy hele huis en vir almal by hom: “Haal uit al die afgodsbeelde wat by julle is. 4Hulle het toe al die afgodsbeelde in hulle besit vir Jakob gegee en ook hulle oorringe. Hy het dit onder die groot boom by Sigem begrawe.” In die antieke tyd is ringe gebruik om liggaamasopeninge teen die bose te verseel, soos jou ooropening, neusopening en mond. Geleerdes glo dat seelringe in die vierde eeu vC in Mesopotamie ontstaan het. Die seelring was gewoonlik ovaalvormig terwyl die ontwerp daarvan die identiteit van die eienaar gedra het. Daarom vra Tamar in Gen 38 dat Juda sy seelring vir haar as pand moet gee voordat sy met hom gemeenskap kan he. Sy vra dan spesifiek sy seelring met die ketting. Die kettingkie is gebruik om die seelring om jou nek te hang. Soms is die seelring aan die vinger gedra. As die seelring egter aan ‘n kettingkie om jou nek gehang het hang dit ongeveer by die hart. Daarom dan se die vrou vir die man in Hooglied 8:6 “Hou my teen jou soos die seelring op jou bors….” Omrede jou seelring eintlik jou hele persoonlikheid vergestalt het was dit iets wat met die grootste sorg opgepas is. Luister net wat se die Here vir sy dienskneg Serubbabel in Haggai 2: “Daardie dag sal ek jou vat…..en jou…….’n seelring maak, want ek het jou uitgekies, se die Here die Almagtige.” (Hag 2:23). Here, soos ‘n seelring ons menswees vergestalt het, bid ons da tons in ons menswees U gestalte sal uitdra en U sal verteenwoordig. Amen.