Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Goeiemore. Woensdag, 9 Julie en Dirk aan hierdie kant. Fanny Crosby word allerwee beskou aas een van die voorste komponiste van Christelike liedere wat ooit geleef het. Ten spyte van die feit dat Fanny kort na haar geboorte blind geword het, het sy meer as 8 000 liedere geskryf. Eendag, terwyl op besoek by haar vriendin Phoebe Knapp, het Phoebe 'n nuwe melodie wat sy pas gekomponeer het op die klavier gespeel. In antwoord op Phoebe se vraag: "Wat sê hierdie melodie vir jou?" het Fanny gesê: "Blye versekering, Jesus is myn!". En so is hierdie alombekende lied gebore. Die Bybel leer ons dat ons absoluut seker kan wees dat ons deur die dood van Christus verlos is. Hierdie seker wete is nie gebaseer op innerlike gevoelens of emosies of uiterlike tekens nie. Hierdie "blye versekering" is gegrond op die beloftes van 'n getroue God en sy geïnspireerde Woord. Van God se eie belofte in Num 23:19 dat Hy nie ‘n mens is wat kan lieg nie. Dit hang nie af van hoe sterk ons geloof is nie, maar wel van in wie ons glo – van Christus self! Blye versekering gee ons 'n kykie na die vreugde wat Fanny deur haar geloof in God ondervind het. Alhoewel blind, beskryf sy dat, ten spyte van haar swaar lot, ondervind sy "heil'ge verrukking, blye genot" as gevolg van haar vertroue in Jesus. Dit was werklik die verhaal van haar lewe – laat dit ook waar wees van ons lewens. Gebed: Dankie Here dat ek verseker weet dat ek verlos is. Dankie vir die voorreg om U deur sang te mag loof en prys. Help my om hierdie dag en week deur geloof nog nader aan U te kom. Amen