Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Goeiemore. Dis Vrydag, 11 Julie en Dirk wat weer ‘n interessante onderwerp deel. In Markus 16:1 staan geskryf “Toe die sabbatdag verby was, het Maria Magdalena en Maria die ma van Jakobus, en Salome reukolie gekoop om die liggaam daarmee te gaan balsem.” ‘n Mens wonder of hulle van Jesus ‘n Mummie wou maak? Die 83 vertaling het hierdie vers egter heeltemal verkeerd vertaal. Die OV vertaal die woord met “salf”. Die Jode het nooit, soos die Egiptenare, lyke gebalsem nie. Daarom lees ons ook nie in die Bybel van geblasemde lyke nie. Die enigste uitsonderings is die liggame van Jakob en Josef terwyl hulle juis in Egipte was. Ons lees in Gen 50:23 dat Josef die Egiptiese dokters gevra het om Jakob se liggaam te balsam wat hulle 40 dae geneem het om te doen. Vers 26 vertel vir ons dat hulle Josef se liggaam ook gebalsem het toe hy dood is. Maar die Jode het nooit liggame gebalsem nie. Dit het heeltemal teen hulel teologie ingedruis. Die hoofrede waarom die Egiptenare liggaame gebalsem het was omrede hulle geglo het dat die siel of gees van ‘n mens keer na die liggaam terug. As die liggaam gebalsem is, sal die siel of gees dit darem herken en weet watteer liggaam om weer te betrek. Daar is ook genoeg aardse benodighede langs die liggaam geplaas sodat die liggaam herken kan word en sodat die persoon die artikels het om in die volgende lewe te gebruik. Daarom is Jesus se liggaam ook nie gebalsem nie. Die Vroue wou dit met reukolie insmeer om die doodsreuk te verwyder en die omgewing om die graf vars te laat ruik. Ons lees dan in Joh 19:39 dat Jesus se liggaam met ‘n mengsel van ongeveer 50 liter mire en aalwayn behandel en in doeke toegedraai is. Blykbaar het die Vroue gedink dis nie genoeg nie want Luk 23 vertel dat hulle nog reukolie en salf gaan soek het en die Sondagmore daarmee graf toe is. Natuurlik was dit ook ‘n teken van liefde en eerbied ook. Wanneer Jode met speserye en reukolies na die graf gegaan het, het dit dieselfde simboliese betekenis as wanneer ons blomme op ‘n graf sou plaas. Here, dankie dat ons kan weet dat ons te alle tye veilig I U hand is. Amen