Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Goeiemore. Dis Vrydag, 18 Julie, Dirk aan hierdie kant. Ons kyk weer vandag na ‘n interessante onderwerp. So wat beteken dit as ons se dat die bloed van Jesus ons van ons sondes red? Dit is tog nie regtig die bloed wat ons red nie. Maar ons lees tog in 1 Joh 1:7 die volgende: “Die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.” Om hierdie teks reg te begryp moet mens eers die simboliek van die OT verstaan. In die OT het God dikwels geeis dat die volk Israel met die bloed van ‘n offerdier vir hulle sondes betaal. Elke Jood het geweet dat God daarmee bedoel dat die dier geslag moes word. Die lam moes sterf. Die term bloed is dus ‘n beeld met die betekenis om te sterf. Die bloed van Jesus lyk nie anders as ons bloed nie. Die het ook water en rooi en wit bloedliggaampies bevat. Indien dit Jesus se bloed self was wat ons van ons sonde gered het was dit mos onnodig vir Hom om aan die kruis te sterf. Dan kon Hy maar net, met alle respek gese, sy are gesny het en ‘n klomp bloed gestort het. Dit is nie die bloed van Jesus wat ons met God versoen nie, maar dat God se Seun aan die kruis gesterf het. Meer nog, dit is die feit dat Jesus uit die dood opgestaan het wat maak dat ek en jy vandag in sy oorwinningskrag kan leef. Maar wat dan van ‘n uitdrukking wat ons so gereeld hoor wanneer gelowiges se “Ek pleit of bid die bloed van Christus oor jou?” Sommige gelowiges gebruik die uitdrukking “die bloed van Christus” asof dit magiese kragte het wat alles soos ‘n towerspreuk kan fix. Ek noem hierdie Kerktaal. Ons het in die kerk hierdie uitdrukkings begin gebruik omrede dit so hoogheilig klink sonder om te besef hoe onbybels dit werklik is. Daarom het Bybelvertalers die woorde “bloed van Jesus” in Sommige gevalle, soos bv Rom 5:9, vertaal met “die dood van Jesus”. Dit is juis die dood en veral die opstanding van Christus wat vir ons waardevol is en nie bloed nie. Here help ons asb verstaan en onthou dat ons geloof staan en val by U opstanding. Dankie daarvoor in Jesus Naam. Amen