Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Goeiemore. Dis Weer Vrydag, 8 Aug, Dirk aan hierdie kant. In Luk 12:35 se Jesus: “Wees gereed, die heupe omgord en die lampe aan die brand”. Kom ons kyk bietjie van nader na die twee beelde wat hier gebruik word. In die Bybelse tyd het mans en Vroue ‘n lang kleed gedra wat hulle met ‘n gordel om die middel vasgebind het. As hulle by die huis ontspan het, het hulle die gordel losgemaak. Dit was egter moeilike om so te loop aangesien die rokspante al om jou bene gevou het. Daarom het hulle Altyd, voor hulle ‘n ent moes stap, die gordel vasgemaak en die onderpunte van die rok opgestel en by die gordel ingesteek. Wanneer hulle dit gedoen het, het hulle gese dat hulle hulle lendene omgord. Toe Israel uit Egipte moes trek, het God vir hulle gese: “Julle heupe moet omgord wees, julle skoene aan julle voete” vgl die OV. Die uitdrukking om jou lendene te omgord het ‘n figuurlike uitdrukking geword met die betekenis om oorgehaal te wees, om gereed te wees vir enigiets wat kan voorval. Maar Jesus se ook da tons lampe aan die brand moet wees. Die Bybelse mense het nie vuurhoutjies of elektrisiteit gehad nie. Dit kon ‘n geruime tyd neem as jy in die nag ‘n lig wou aansteek. Daarom het die mense Altyd een klein lampie gehad wat dwarsdeur die nag gebrand het. ‘n Mens kon daarmee enige ander lamp aansteek. So ‘n lampie was dus ‘n simbool van iemand wat elke oomblik gereed gestaan het. Jesus se in ons teks vanoggend dat ons elke oomblik gereed moet wees vir die wederkoms. Ons moet gereed wees soos iemand wie se rokspante by die gordel ingesteek is, met ‘n lampie wat voortdurend en helder brand. Here. Help ons om te alle tye gereed te wees vir U koms, voorbereid soos U van ons verwag. Amen