Datum:
Prediker:
Skrifgedeelte:
Tema:
Boodskap:
1. Ek het tydens ‘n onlangse huisbesoek Ps 86 met die mense gedeel en iets in hierdie psalm het my aandag geweldig getrek. Die aand le ek in die bed en hierdie gebed van Dawid maal deur my kop. Die volgende oggend lees ek dit weer en weer en weer. En ek bly by die een vraag vashaak. Want daar is iets in Psalm 86 wat ek die hele tyd oor wonder. Iets wat ek probeer verstaan en mee stoei om te verstaan. 2. Want ons almal ken teen hierdie tyd al vir Dawid. Ons almal weet dat hy ‘n spesiale verhouding met God gehad het ten spyte van sy foute en sonde wat hy gedoen het. Dis die een man waarvan in die OT en die NT gese word dat hy ‘n man na God se hart is. En dan lees jy ‘n gebed soos Psalm 86 en in byna elke vers kan jy die noue verhouding wat Dawid met God het raaklees. 3. Hy smeek tot God vir beskerming, hulp, genade ens. En omrede Dawid so ‘n noue verbintenis met God het kan hy tot God roep om hulp. Hy vertel van God se trou, dat hy God vertrou en dat God oor en oor vergewe waarvan hy wat Dawid is, eerstehandse kennis het. 4. En dan begin Dawid in vers 8 die lof van die Here besing. Daar is geen God soos Hy nie, Hy het al die nasies gemaak en elkeen sal voor Hom buig. Hy alleen is God en so gaan Dawid aan om God se lof te besing. Hy erken dat God se liefde vir hom groot was en dat God hom uit verskeie situasies gered het. En die klimaks van die psalm vind ons in vers 15: “U, Here, is 'n barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou.” 5. Maar steeds is daar hierdie een ding wat Dawid se wat ek nie begryp nie. Ek bedoel, vanuit hierdie en al die ander Psalms wat Dawid voor verantwoordelik is, is dit baie duidelik dat hy ‘n baie noue verhouding met God het. Ek het al met tye Dawid se psalms gelees en begeer om so ‘n verhouding met God te he. So wat is dit wat my so gepla het van Psalm 86? 6. Wel hier is dit: Ten spyte van die ongelooflike nou verhouding wat Dawid met God gehad het, daardie nabyheid, daardie closeness, het Dawid een ding begeer. Ons vind dit in vers 11: “…..leer my U MET TOEWYDING dien.” Ten spyte van alles vra Dawid net een ding van God. Dat God hom sal leer hoe om Hom met meer toewyding te dien. 7. Dawid vra nie dat God hom moet leer om Hom te dien nie. Dit weet hy hoe. Gaan lees gerus sy verhale soos in die OT opgeteken is. Dawid het GEWEET hoe om God te dien. Hy het geweet wat dit is om in ‘n verhouding met God te staan. Maar dit was steeds nie genoeg nie. Hy wou God met nog MEER TOEWYDING dien. 8. Nou volgens die Afrikaans/Engelse woordeboek beteken die woord “Toewyding” verskeie dinge op verskeie gebiede. En hier help dit baie om liewer na die Engels te kyk as die Afrikaans. Die Engels praat van dedication, commitment, devotion terwyl ons in Afrikaans net die woord “toewyding” het. Dit beteken ‘n uitermatige sterk gevoel van liefde en lojaliteit teenoor Iemand, dit verwys na ‘n “profound dedication” teenoor God, dit beteken ‘n baie diep emosionele commitment teenoor die saak van God en laastens, dit verwys na omgee en diens aan ander. 9. U kan sien dat wanneer Dawid se dat hy God met toewyding wil dien strek dit ver verby die dinge wat vir hom algemeen was soos om na die tempel te gaan, drie keer per dag te bid en offers te bring. Dit was vir Dawid ver verby die gewone rituele, tradisies en gewoontes wat mense so gewoond aan raak in hulle verhouding met God. 10. Nou ek wil twee verhale vertel. Een is ‘n aanduiding van wat toewyding NIE is NIE! Die ander is ‘n verhaal van werklike toewyding. Die een is waar die ander is minder waar! Verhaal van Pous wat siek is. 11. Nou DIS nie toewyding nie. Toewyding is nie om een ding te se maar ‘n ander te demonstreer soos hierdie klomp Italianers nie. Dis nie wat Dawid in gedagte gehad het nie. Sy toewyding het nie gestrek tot dit wat vir hom gerieflik en moontlik was en die dinge wat nie vir hom ongemak sou veroorsaak nie. Dawid wou God nog meer en dieper ken en beleef. Hy wou God dien met ALLES binne hom. Selfs as dit hom verby die punt van ongemak en ongerief sou neem. 12. Maar daar is ‘n tweede verhaal wat ek wil vertel wat nou meer waarheid het. Verhaal van Jacques. Die 2643km wat my vriend heen en weer oor ‘n tydperk van 8 dae met sy fiets afgele het Stellenbos toe om met hierdie meisie te gaan praat was nie vir hom gerieflik nie. Dit was moeite, geweldige moeite. Hy het by petrolstasies langs die pad geslaap, pap wiele gehad langs die pad, natgereen ens ens. Hy was nie eens ‘n kranige fietsryer nie, hy het nie geoefen vir hierdie rit nie! Maar hy wou in Stellenbos kom, want hy het ‘n doel gehad! Nou DIT is toewyding. Dit is commitment. 13. Dawid wou God met algehele toewyding dien. Nieteenstaande die feit dat Dawid reeds ‘n man na God se hart was, het hy gevoel maar daar kort nog steeds iets. Ek soek meer Here, ek wil nader aan U Here, ek wil myself meer toewy aan U! Dit was sy uitroep. En Dawid se volgende woorde in vers 12 is baie insiggewend in hierdie verband. 14. “ 12 Met my HELE hart sal ek U prys, Here my God, u Naam ALTYD eer,….”. Hy se nie dat hy God sal prys en sy Naam eer nie. Nee, Hy sal God met sy HELE hart prys, en sy Naam ALTYD eer. Dit word soveel meer insiggewind wanneer ons kyk na die betekenis van hierdie woorde. Die woord vir HELE HART is “kole” in Hebreeus. Dit beteken “met my HELE hart, met alles in my, met my hele wese en bestaan, met enigiets, met elke ding, wat ookal, met soveel as wat nodig is, wat ookal dit vereis” daarmee wil ek U dien. 15. Die Hebreeuse woord wat vir “Altyd” gebruik word is nog meer veelseggend. Die woord “olom” beteken ewigheid, vanaf die antieke tyd tot aan die einde van tyd, ook in tyd wat buite ons gedagtes bestaan en wat ons nie verstaan nie. Dis hoe lank Dawid God wil dien. Maar dis steeds nie genoeg vir hom nie, want hy wil God in die toekoms met nog meer toewyding dien. 16. Kan u uself indink om so ‘n verhouding met God te he? Dat jou eie gerief, gemak, jou eie voorkeure, jou eie idees en denke, dat dit alles niks meer vir jou beteken nie want jy wil God net met meer toewyding, commitment, dedication, devotion dien. Dat ons Hom met ons HELE hart sal wil prys, dat absoluut NIKS in die pad sal staan van algehele toewyding aan God nie. Maar nie halfhartige toewyding van die Italianers nie, maar die soort toewyding wat Dawid voor gepleit het by God. 17. En as u antwoord JA is vanoggend, moet u in gedagte hou – dit gaan ‘n prys kos! Jesus het ons male sonder tal gewaarsku dat om Hom met toewyding te dien moet ons onsself verloen en ons kruis opneem (Luk 9:23), kan ons nie ons hand aan die ploeg slaan en terugkyk nie (Luk 9:62), dat ons soos skape tussen wolwe ingaan (Luk 10:3), dat ons altyd gereed moet wees om Hom te ontmoet want Hy kom op ‘n tyd wat niemand Hom verwag nie (Matt 24:44), dat ons die kostes moet bereken voor ons Hom net begin volg (Luk 14:28). En so kan ons aangaan. 18. As ons ‘n Dawid wil word, wat God wil dien met elke greintjie van ons bestaan, gaan ons die kostes moet bereken, want daar is ‘n prys om te betaal. Maar hierdie is nie ‘n prys soos ons vandag ‘n prys betaal vir iets wat duur is nie. Hierdie prys is ‘n belegging, dit betaal dividende uit, dit gee terug meer as wat u en ek ooit kan droom of dink. 19. Dit gee ‘n LEWE SAAM MET GOD! Hier en nou maar ook in die hiernamaals. Dink daaroor, weeg u opsies op, bereken die koste. Maar wanneer u die koste bereken, onthou om die dividende ook in berekening te bring. Laat my U met toewyding dien Here, meer as ooit tevore. Laat dit ons enigste begeerte wees. Toegewydheid, commitment, devotion teenoor ‘n God wat in elk geval ALLES vir ons gegee het.