Datum:
Prediker:
Skrifgedeelte:
Tema:
Boodskap:
1. Nou ja, hier lees ons dat Jesus en die 3 dissipels wat Hy gekies het, Petrus,Jakobus en Johannes die berg opklim. Ironies genoeg word die naam van die berg nie genoem soos in ander gevalle nie. Die verhaal kom voor in Matteus, Markus en Lukas en aldrie praat net van ‘n hoe berg. En wanneer hulle bo op die berg kom, gebeur daar vier wonderbaarlike dinge: Eerstens begin Jesus se gesig straal soos die son Tweedens het sy klere spierwit geword soos lig Derdens verskyn Moses en Elia aan hulle, en die dissipels herken hulle. Hoe weet ons nie maar hulle doen. En vierdens het ‘n helderligtewolk skielik die berg bedek en ‘n stem vanuit die hemel het met hulle gepraat. 2. Hoekom ‘n wolk, soos ons op die berg Sinai gesien het in Eks 19 & 20? Want Joh 1:18 se vir ons dat NIEMAND God nog ooit gesien het nie. NOOIT OOIT NIE! Maar hierdie teks in Johannes gaan verder om te se dat Jesus, wat self God was en wat die naaste aan die Vader is, het die Vader kom bekend maak. Jesus is die eksegeet, die verklaarder en die openbaarmaker van God. Kol 1:15 se : “Die Seun is die beeld van God, van God wat self nie gesien kan word nie.” 3. MAW daar is niks, maar niks, wat ek en jy van God kan verstaan as Jesus dit nie openbaar gemaak het nie. As jy God wil leer ken en verstaan, leer ken Jesus. En daarom verberg God Homself op die berg want niemand het Hom al ooit gesien nie. Dis net ‘n stem wat hulle hoor. En dis ook nie nodig dat ons God moet sien nie want ons het die voorbeeld van Jesus. Die enigste outoriteit op die Vader is Jesus. Nie ek en jy nie. 4. En daar is ook ‘n rede waarom dit Moses en Elia is wat op die berg verskyn. Moses was die verteenwoordiger van die Wet. Die wet was aan hom gegee. Elia was die verteenwoordiger van die profete. U sal onthou dat Elia een van die groot profete was. En die profete het die koms van die Messias voorspel. En Moses en Elia is as baie groot beskou deur die Jode. Hulle was soos Abraham deel van die mense wat die voorgeslagte geestelik gevorm het. En hier is Jesus in hulle geselskap. 5. Maar hier is wat ek wil he ons op moet fokus vanoggend. Het u mooi opgelet na die Vader se woorde wat Hy spreek? Hier het ons Moses en Elia op die berg, maar wanneer God praat is dit asof Hy hulle ignoreer. Wanneer God praat, praat Hy oor Christus. En het u gesien wat se God daar op die berg waar Jesus, die drie dissipels en Moses en Elia bymekaar is? 6. Ek lees sy woorde weer vir u: “Dit is my geliefde Seun oor wie Ek My verheug. Luister na Hom.” God se nie wat Jesus vir die mensdom beteken nie. God se wat Jesus VIR HOM beteken! En die gebeure hier roep ‘n ander voorval op. Jesus se doop! Toe die HG soos ‘n duif op Hom neergedaal het kom daar ‘n stem uit die hemel wat se “Dit is my geliefde Seun. Oor Hom verheug ek my.” Matt 3 7. En hierdie was vir my werklik ‘n openbaring in die sin dat ek my hele Christelike lewe lank altyd gedink het dit gaan oor WIE IS JESUS VIR MY! Want in effek dink ons mos dat alles draai om ons. Dit gaan mos vir ons oor MY geluk, MY vreugde, MY sukses, MY voorsiening, MY beskerming, MY reputasie…..en en en. En dan kom se die Vader: “Dirk, ek het slegte nuus vir jou maar dit pla my nie eers om dit vir jou te se nie. DIT GAAN NIE OOR JOU NIE!” 8. JY is nie die middelpunt van die heelal nie. Jy was nog nooit nie! Daar is ‘n pragtige lied wat se “When He was on the cross,, I was on His mind”. Nee, EK was nie die een waaraan Jesus gedink het aan die kruis nie. Dit was God se wil dat ons gered en verlos word deur die bloed van sy Seun, en daarom doen Jesus waarvoor God Hom gestuur het. Jesus sterf nie in die eerste plek aan die kruis om ons te red nie – ja, dit was die einddoel van alles. Maar Hy het die kruis aangedurf omrede Hy God die Vader wou behaag. 9. Onthou u die Tuin van Getsemane. “Vader, as U wil, neem tog hierdie lydensbeker van My af weg. Laat nogtans nie my wil nie maar u wil geskied!” Nie die mense se wil nie, nie sy wil nie, maar God se wil. Vir Jesus het dit oor God gegaan. Joh 5:19: “Dít verseker Ek julle: Die Seun kan niks uit sy eie doen nie. Hy doen maar net wat Hy die Vader sien doen; wat die Vader ook al doen, doen die Seun ook net so.” 10. Joh 8:28: “Eers wanneer julle die Seun van die mens verhoog het, sal julle begryp dat Ek is wat Ek is, en dat Ek niks uit my eie doen nie, maar net verkondig wat die Vader My geleer het. 29Hy wat My gestuur het, is by My. Hy het My nie alleen gelaat nie, omdat Ek altyd doen wat Hy wil.” En so kan ons aangaan en aangaan. Jesus het kruis gedra, daarop gaan le om vasgespyker te word omrede Hy God die Vader wou behaag, aan Hom gehoorsaam was, want dit het vir Hom oor God gegaan. NEWSFLASH!!!!! Nie oor my en jou nie! 11. Dis wat die Skrif ons leer. When He was on the cross, God was on His mind! Jesus moes kies tussen selfbehoud en gehoorsaamheid aan God. Sy eie wil of God se wil. En Jesus se reaksie daarop was “Dit is waarom Ek gekom het, om te doen wat die Vader se!” Het u al Joh 4 gelees? Jesus se dit is sy KOS! 12. In vers 34 staan die volgende: “Maar Jesus het vir hulle gesê: “My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk te voltooi.” Baie mense het al met die vraag geworstel oor waarom God die aarde geskape het. En ek is seker die antwoorde wat u ook al die meeste gehoor het is dat God sy heerlikheid ten toon wou stel of dat God sy liefde teenoor die mens tot uitdrukking wou laat kom. En weet u dat nie een van daardie antwoorde is die antwoord wat die Skrif ons gee nie. 13. Die Skrif se die antwoord op die vraag waarom God die skepping geskape het, is die volgende: “16 God het deur Hom alles geskep, ………17 Alles is deur Hom en vir Hom geskep.” (Kol 1:16-17). Die Seun, Jesus, is die absolute vreugde van die Vader. Dit is my geliefde Seun oor wie Ek my verheug! Wat ‘n geweldige openbaring en heel toevallig gaan my en jou redding ook daarmee gepaard! Ons is gered deur die gehoorsaamheid van Chriustus aan die Vader, deur Christus se begeerte om die Vader se wil uit te voer! 14. En dan, nadat God vir die dissipels gese het wie Jesus vir Hom is, gee Hy die volgende opdrag vir hulle: “Luister na Hom!”. Nou ons moet die volgende mooi verstaan. Daar is twee dinge wat ons dryf in hierdie lewe. U as gelowiges word gedryf deur twee dinge. Die 1ste is om Jesus te ken vir wie Hy is, en die 2de is om Hom gehoorsaam te wees, om te doen wat Hy van ons verwag. Dis die enigste kenmerke van ‘n dissipel van Jesus. Dit is my Seun oor wie ek My verheug! Paulus se woorde eggo vanoggend toe hy gese het dat hy het alles as waardeloos beskou, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde. 15. Ons ken Jesus nie oor wat hy vir ons kan doen nie. Ons ken Jesus nie oor wat Hy vir ons gedoen het nie. Want dan is ons enigste dryfveer daaragter oor dit wat Hy vir my gedoen het en dalk nog kan doen. Ons ken Christus vir wie HY is!!!! Dis hoekom ons geloof in Hom het. Oor Wie Hy is. 16. En tweedens se God vir die dissipels: Luister na Hom! Wees gehoorsaam aan Hom. Nou as ons hierdie bekendstelling van Jesus deur God in gedagte hou wil ek he ons moet iets baie interessant raaklees in die Skrif vanoggend. As die persoon langs jou tot nou toe geslaap het, maak hom of haar gou wakker. Iets wat ons moet raaklees vanoggend is dat die woord GELOOF en die woord GEHOORSAAMHEID word in die NT as sinonieme van mekaar gebruik. 17. Dit word gebruik om dieselfde onderwerp te verduidelik. Bedoelende, iemand wat glo in Jesus is iemand wat aan Jesus gehoorsaam is. En iemand wat aan Jesus gehoorsaam is, is iemand wat glo in Jesus. En soms word dit so naby aan mekaar gebruik dat die Ou Vertaling se vertalers op plekke gepraat het van “GELOOFSGEHOORSAAMHEID”. 18. “Aan die hand van die geskrifte van die profete en in opdrag van die ewige God is dit aan alle nasies bekend gemaak sodat hulle in God kan glo en aan Hom gehoorsaam kan wees.” (Rom 16:26). Daardie twee aspekte kan jy nooit los van mekaar maak nie. Dit is my geliefde Seun – ken Hom, glo in Hom, LUISTER na Hom! Jakobus se dit so direk dat sonder om gehoorsaam te wees beteken jou geloof NIKS. Paulus se dat ons elke gedagte gevange neem om DIT AAN CHRISTUS GEHOORSAAM TE MAAK! (2 Kor 10:5) 19. En dis wat ons onderskei van die wereld. Wat onderskei ons van die wereld? Die wereld word die wereld genoem omdat hulle in opstand kom teen die gesag van God. En jy word ‘n gelowiges regverdige genoem omrede jy onder die gesag van God buig. Dis my geliefde Seun – Dis waar God Jesus se gesag beklemtoon soos tydens sy doop. Dis die gesag waaronder ons buig en leef. 20. Oor Hom verheug ek my – Jesus is God se blydskap. Uit Hom, deur Hom, tot Hom is alles. Vir Hom is alles. Deur Hom is alles geskep, deur Hom bly alles in stand, Hy is die ewebeeld van God. Vir God gaan alles oor die Seun en vir die Seun gaan alles oor God. DIE LEWE DRAAI NIE OM JOU EN MY NIE! 21. Selfs vir Jesus het dit oor die wil van die Vader gegaan. Dit is my voedsel om die wil van my Vader te doen. Die absolute kenmerk en dryfveer van ‘n gelowige is om na Jesus toe te kom en onder sy gesag te leef in absolute gehoorsaamheid. Die Seun is die enigste Een wat God beindruk. Ek en jy kan nie, al doen ons wat! As ek terugkyk op my eie lewe is dit droogmaak op droogmaak op droogmaak! Ek het so baie drooggemaak in my kinders se opvoeding, drooggemaak in my verhoudings met mense en die droogmaak oorskadu alles. 22. Maar ek wil mos beindruk. Ons hou mos daarvan om ander te beindruk ne? Dis mos lekker. Wil so graag die indrukwekkende een wees. Mense moet oor MY praat! En die enigste Een wat vir God kan beindruk is die Seun. En die vraag is of jy by die Seun is of nie. Jesus is die enigste outoriteit van God. Nie ons nie. Daar is al boeke geskryf oor ons Outoriteit in Christus. 23. Ons posisie in Christus is nie iets wat ons outoriteit gee nie, dis veronderstel om ons nederig te maak. Klein tot die besef dat ons niks is sonder Christus nie, dat die wereld nie om ons draai nie, dat Christus se grootste doel was om die Vader te behaag en daarmee saam het ons verlossing gekom. 24. Ek wens ons kan die woord “EK” uit ons woordeskat verloor. Al wanneer EK gebruik moet word is wanneer ons uitroep Here, EK het gesondig. Verder moet dit oor God gaan. As dit selfs Jesus se grootste begeerte was, waarom dink ons sal ons grootste taak enigiets anders wees? Ons geloof en onderdanigheid aan God en ons gehoorsaamheid aan God is die enigste kenmerke wat ons kinders van God maak. Dis waaraan die wereld sal weet dat julle my dissipels is: Aan julle liefde vir mekaar. Aan julle gehoorsaamheid, aan die vrug wat julle dra. Niks anders nie!